Ons skrywers

Besigtig alles

Articles by Tim Gustafson

Foutlyne

Ons kerklidmate moes onlangs die uitdagings wat met die ontvangs en verwelkoming van nuwe lidmate uit ander kulture gepaard gaan, die hoof bied. Die aanpassings ten opsigte van kultuur en taal het ongemaklike situasies meegebring.

Misverstande en verskille kom oral voor waar daar mense is. Die kerk is geen uitsondering nie. As ons ons verskille nie op ’n gesonde wyse…

Wat Sê Die Kenners?

Die rubriekskrywer van die Boston Globe, Jeff Jacoby, skryf van die “bonatuurlike vermoë van kenners om dinge hopeloos en katastrofaal verkeerd op te som.” Die groot uitvinder Thomas Edison het verklaar dat klankrolprente nooit die klankloses sou vervang nie. In 1928 het Henry Ford verklaar: “Die mensdom raak te intelligent om ooit weer ’n volgende oorlog te voer.” Talle ander…

Wat Op Dees Aarde?

Toe Andrew Cheatle sy selfoon op die strand verloor het, het hy gedink dis vir altyd weg. ’n Week later skakel Glen Kerley hom. Hy het die foon, in ’n werkende toestand, uit ’n bykans 12kg-kabeljou gehaal.

Die lewe is vol vreemde verhale, en ons kry meer as genoeg in die Bybel. Eendag het belastinggaarders na Petrus gekom en geëis: “Wat…

Tuis Vir Kersfees

Een jaar was ek met Kersfees besig met ’n werksopdrag op ’n plek wat baie van my vriende nie eens op ’n kaart kon opspoor nie. Ek het van my werkplek na my kamer toe gestrompel, gestaal teen die ysige wind wat van die Swartsee af gewaai het. Ek het huis toe verlang.

Tuis het ek die deur oopgemaak op ’n…

Sterk Baba

Toe ek hom die eerste keer sien, het ek gehuil. Hy het soos ’n volmaakte babatjie slapende in sy bedjie gelyk. Maar ons het geweet dat hy nooit sou wakker word nie. Nie totdat hy in die arms van Jesus was nie.

Hy het vir etlike maande aan die lewe vasgeklou. Toe vertel sy moeder ons in ’n hartverskeurende E-pos van…

Tussen Broers

Ek en my broer verskil minder as ’n jaar van mekaar en het taamlik baklei. Pa het verstaan. Hy het broers. Ma? Nie veel nie.

Ons verhaal kon in Genesis 1 ingepas het as Die geskiedenis van broedermededinging. Kain en Abel, Isak en Ismael, Josef en alle ander wat nie Benjamin genoem is nie (Gen. 4; 21:8-10; 37). Maar wat…

Nood Leer Bid

Marc onthou sy pa het die gesin byeengeroep. Hul motor was onklaar, en spoedig sou daar nie meer geld wees nie. Marc se pa het stil geraak, gebid, en toe sy gesin gevra om op God se antwoord te wag.

Marc vertel God se hulp het op verrassende maniere gerealiseer. ’n Vriend het die motor herstel; onverwagte tjeks is ontvang…

’n Slang En ’n Driewiel

Ek het jare lank ’n storie vertel van ’n tyd in Ghana toe ek en my broer nog peuters was. Volgens wat ek kan onthou, het hy ons ou ysterdriewiel bo-op ’n kobra geparkeer.

Nadat my ma oorlede is, het ons afgekom op ’n langverlore brief waarin sy oor die insident geskryf het. In werklikheid was dit ék wat die…

Die Wending

Tydens die begrafnisdiens van ’n oorlogsveteraan het die pastor hardop gewonder waar die oorledene hom bevind. Toe begin hy, in plaas daarvan om die mense te lei om God te leer ken, spekuleer oor dinge wat nie in die Bybel voorkom nie. Waar is die hoop? het ek gewonder.

Uiteindelik het hy die slotgesang aangegee. Toe ons opstaan om How Great…

’n Professor Se Belydenis

David Foster Wallace, beroemde skrywer en kollege-professor, was geskok oor die swak skryfgewoontes van sy studente. Terwyl hy oorweeg het hoe hy hul vaardighede kon slyp, het ’n ontstellende vraag  by hom opgekom. Waarom sou ’n student luister na iemand wat so selfingenome, eng, en hooghartig is soos hy? Hy was terdeë bewus van sy hovaardigheid.

Die professor kon en…